2017 Voorsitterskersboodskap

2017 Voorsitterskersboodskap

Kersboodskap van die Voorstitetr

2017 was in alle opsigte ‘n bedrywige jaar vir die PWAV.  Die hoogtepunt was sekerlik die bekendstelling van ons volkseie stukkie Afrikana in die vorm van “Firearms: Designed and Manufactured in Southern Africa 1949-2000”.  Agt jaar se navorsing, onderhoude, fotos neem, feite verifieëring en redigering het uiteindelik vrugte afgewerp en ons boek is bekendgestel tydens ‘n glansryke geleentheid te Leriba Lodge op 3 Maart.  Die bestuur het dit aanvanklik goed gedink om 1500 eksemplare te bestel nadat volledige marknavorsing oor die lewensvatbaarheid en behoefte vir so publikasie gedoen was.  Groot was ons verrassing toe die eerste druk uitverkoop was ten tye van die bekendstelling in Maart vanjaar.  Dit het beteken dat ons die boek kon publiseer sonder om enige van die Vereeniging se eie fondse aan te wend.  Hiervoor word elke lid wat boeke gekoop en help bemark het opreg bedank.  ‘n Verdere 1000 eksemplare (2de druk) was derhalwe bestel en ons kan rapporteer dat minder as 300 van hierdie eksemplare oor is. 

Daar was ten tye van hierdie boodskap reeds ‘n total van 2250 eksemplare van ons boek verkoop en die balans gaan nie nog lank beskikbaar wees nie.  Boekverkope in Suid Afrika met getalle groter as 2000 word allerweë as ‘n “best seller” beskou.  Wat ons publikasie so uniek maak is dat dit boonop as nis-boek beskou word!  Dit is dus nou die ideale geleentheid om kerskousbestellings te plaas (voor dit te laat is).

An organisation as established as the PAAA with a solid membership of a round 400 active collectors didn’t achieve such accolade by resting on its laurels.  Sound management practises, a conservative approach to spending, proper succession management and good corporate governance is key to sustainability.  This is attested by the PAAA’s strong financial health and stable management team.  Having said that, any organisation is subject to change during its existence though.  The PAAA is no different in this respect.  At the 2017 AGM we greeted John Welch (Chairman), Stef Grobler (Vice Chairman), Dirk Coetzee (Secretary) and Andrie Meyer (Convenor Firearms Knowledge) and thanked them for their service over the past (in some cases 20 years).  The succession plans the management committee put in place as early as 2012 by means of co-opted members was unanimously accepted and the following members were voted on to your management committee during the AGM held on June 10th 2017:

John Welch              President (nuwe pos soos gereflekteer in die gewysigde grondwet)

Hubert Wentzel        Uitvoerende Voorsitter (voorheen notulerende sekretaris en web-werf)

Piet Winterbach       Ondervoorsitter en praktiese aktiwiteite koördineerder (voorheen praktiese aktiwiteit koördineerder)

Marnus Prinsloo      Tesourier en Sektretaris

Wentzel Muller         Ledesake en Klassifikasie

Danie Joubert           Vuurwapen en Versamelkunde koordineerder

Die nuwe / vars bestuurspan het groot skoene om vol te staan.  Baie dankie weer eens aan die vertroue en volgehoue ondersteuning van ons lede in die bestuurspan plaas.  Saam gaan ons die PWAV tot nuwe hoogtes lei.

Ons is reeds besig met ‘n aanlyn aktiwiteitsregister (via die web-werf) waartydens elke lid sy/haar eie deelname by die PWAV kan registreer.  Die doelstelling hiermee is om dit makliker vir u te maak om rekord te hou van u aktiwiteite / deelname.  Die wetgewer vereis van elke geakkrediteerde versamelaarsvereniging om jaarliks verslag te doen van al die lede in goeie naam.  Dit is tans ‘n tydsame proses wat baie man-ure van u bestuurspan verg.  Hierdie aktiwiteitsinligting sal mettertyd verfyn word ten einde die verslagdoening aan die CFR te vergemaklik.  Meer hieroor in die nuwe jaar.

Pro-active and constructive engagement with the CFR and SAPS is paramount for the continued working relationship between the legislature and the citizens (us collectors).  The PAAA (through its representation in NAACCSA) has been actively involved in this regard as well.  Various one-on-one meetings with the CFR and more recently with the entire firearms stakeholder community were conducted during 2017.

Die wysigingswetsontwerp wat in 2015 herroep is na aanleiding van sterk terugvoer uit verskeie geledere word helaas nou eersdaags verwag.  Net soos u, wag ons in afwagting hiervoor.  Ons is gereed om dit te bestudeer en breedvoerig te beantwoord sodra dit gepubliseer word in die staatskoerant.

U het teen hierdie tyd reeds kennis geneem van die hofsaak wat SA Jagters en Wildbewarings vereeniging teen die SAPD aanhangig gemaak het.  Ons wag in spanning vir die appèlsaak wat om 8 Februarie 2018 aangehoor word.  Ons bring u op hoogte van enige uitslae sodra dit bekend word en verwys u weer eens om die web-blad te raadpleeg vir nuusbrokkies. 

Die vuurwapenwetgewing raak alle wapeneienaars, nie net jagters, sportskuts of versamelaar uitsonderlik nie.  Daarom het PWAV bestuur dit goedgedink om ons dankbaarheid aan die SAJWV te toon vir hul inisiatief met die hofsaak dat ons ‘n donasie van R20 000 aan hul regshulpfonds gemaak het.  Pers in hierdie verband het in die Oktober SA Jagter tydskrif verskyn.  Ons voortgesette skakeling met die industrie en belangegroepe geniet dus hoë prioriteit ten einde die gemene saak gewig te gee.

I would also like to thank you, our esteemed members, for your contribution to safety and responsible firearm ownership.  The responsibility to own firearms should not be taken lightly and your track record in this regard does not go unnoticed.  Thank you again for your continued support in this regard.

Lastly I wish upon all our members a very festive Christmas and prosperous 2018! Drive safe wherever you may go, obey the laws of the road and return safely in order to participate in more PAAA highlights and our firearms legacy!

 

Hubert Wentzel

Written by:  - 2 Jan, 2018