Important Decisions / Belangrike Besluite

Important Decisions / Belangrike Besluite

Important decisions affecting all members. Belangrike besluite wat alle lede raak.

Important Decisions of the PAAA / Belangrike besluite van die PWAV

Vervolgens is 'n lys belangrike besluite van toepassing op alle lede van die PWAV.  Raadpleeg asseblief enige van u Bestuurskomiteelede oor duidelikheid of uitklaring in hierdie verband:

  1. Slegs lede van Exco en Baanbeamptes mag gelaaide handwapens op ‘n skietbaan dra vir doeleindes van onmiddellike reaksie
  2. Lede se status is soos volg:
    • Junior ≤ 16 jaar

    • Lid > 16 jaar (Member)

    • Veteraan ≥ 65 jaar (Veteran)

    • Vroulik (Female)

  3. Slegs die voorsitter mag persverklarings uitreik of met die media gesels, tensy hy dit aan die o/voorsitter oprdra, in welke geval die voorsitter altyd op hoogte gehou word van verwikkelinge
  4. Geen gaste mag met geleende wapens aan ‘n PWAV 3-wapen skietbyeenkoms deelneem nie
  5. Vanaf Januarie 2012 word die baanbeamptes met rooi pette uitgereik as identifikasie i.p.v. die rooi baadjies. Die beskrywing “PWAV Baanbeampte / PAAA Range Officer” word op die pette aangebring. Wapens mag slegs onder die instruksie van die baanbeampte hanteer word op die aangewese skietpunt
  6. Op 7 Mei 2014 is deur Bk besluit dat geen haelgeweer ammunisie growwer as #7 op staalplate gebruik mag word nie. Skuts wat selflaai haelgewere gebruik moet self seker maak welke lading hul aksies behoorlik funksioneer.
  7. Aangesien sommige lede gelaaide handwapens vir persoonlike beveiliging na skietbane bring moet telkens voorsiening gemaak word vir die veiligmaking van sodanige wapens alvorens praktiese aktiwiteite ‘n aanvang neem. By Bluegum sal sodanige beveiliging op baan A of B onder toesig van ‘n baanbeampte plaasvind. Baanbeamptes en lede moet toesien dat aan die gewone veiligheidsvereistes voldoen word tydens sodanige beveiliging.
Written by:  - 12 May, 2014