S361 propellant packaged incorrectly

S361 propellant packaged incorrectly

WARNING: Somchem incorrectly packaged a batch of S341 propellant in S361 labelled tins

SA Jagters het gedurende die afgelope twee dae uit verskeie oorde inligting met fotos as bewyse ontvang wat dui dat daar `n probleem is met die verpakking van die nuutste besending Somchem S361 dryfmiddels.

Die dryfmiddel is verpak in S361 houers (blikke) maar die wit plakker onder op die blik lees S341/438/19 Exp 06/29 Dev. 0.

S361 is `n stadig verbrander van die bal-tipe dryfmiddel vir gewere en S341 is `n medium verbrander van die bal-tipe dryfmiddel vir gewere – dit kan m.a.w. op die oog af nie onderskei word nie.

`n Verdere probleem is die kleurkode wat gebruik word op die blikke Somchem dryfmiddel om die verskillende tipes dryfmiddel te onderskei, beide S361 en S341 het `n ligte blou kleur waarvan die skakering blou op die oog af baie naby aan mekaar is.

Hierdie is `n baie gevaarlike situasie en SA Jagters het reeds Vrydag (24 April 2020) bewyse ontvang van `n lid in Mpumalanga wat die “verkeerde verpakte S361” gebruik het en daardie middag daarmee geskiet het - in die proses is sy geweer beskadig en hy is beseer, gelukkig blykbaar nie te erg nie.

SA Jagters wag nog op `n verslag van die lid met herlaaidetail soos die kaliber, tipe en gewig koeël en die lading S361 wat gebruik is, maar die fotos wat aangestuur is wys duidelik dat die probleem “S361 verpakking met die S341/438/19 Exp 06/29 Dev. 0 plakker” onder op die blik is, wat gebruik was.

SA Jagters het reeds Vrydagoggend met `n verteenwoordiger van Rheinmetall Denel Munition gesels en die persoon het erken dat daar inderdaad `n probleem is met die S361 verpakking en dat `n kennisgewing binnekort deur hulle gepubliseer sal word. Ongelukkig het hierdie inligting beskikbaar geraak net nada tons nuusbrief reeds uitgegaag het gister, daarom hierdie opvolgende spesiale nuusbrief.

Hierdie is `n baie gevaarlike situasie met die risiko/moontlikheid dat meer herlaaiers kan seerkry en gewere beskadig word, en SA Jagters maan lede om baie versigtig te wees wanneer S361 gebruik word, veral waar dit onlangs aangekoop is.

Bevestig asseblief die inhoud van die blik S361 met die plakker onder op die bodem (dit is in elk geval aanbevole/goeie praktyk met alle tipes dryfmiddel) en indien u “verkeerd verpakte S361” ontdek, neem dit asb terug na die handelaar waar u dit gekoop het en kry bewyse dat u dit teruggegee het of dit omgeruil is met die korrekte produk.

Regards
PAAA Exco Team.

Written by:  - 26 Apr, 2020