Hooggeregshof beslis oor sagteware wat gebruik word om vuurwapenbeheer toe te pas

Hooggeregshof beslis oor sagteware wat gebruik word om vuurwapenbeheer toe te pas

Omsendbrief deur SA Jagters rakende onlangse Hooggeregshofuitspraak teen SAPD

Geagte Kollega,

Ingesluit in hierdie E-pos boodskap vind u `n skakel na `n berig in vandag se Citizen. In `n uitspraak deur Regter Swanepoel het die Hooggeregshof beslis dat die SAPD alle kopieë van die sagteware stelsel wat gebruik word om vuurwapenbeheer toe te pas (die stelsel ingevolge waarvan lisensies uitgereik en hernu word) aan die verskaffer terug te besorg maar die beslissing opgeskort vir 60 dae om die SAPD die geleentheid te gee om `n alternatiewe stelsel te installeer om vuurwapenbeheer toe te pas. Die rede vir hierdie aansoek wat gebring is, is die feit dat die kopiereg vir die stelsel die eiendom van die verskaffer is en dat die Polisie vir meer as `n jaar geweier het om die lisensiefooi te betaal.

Hierdie beslissing beteken dat die SAPD binne die volgende 60 dae `n alternatiewe stelsel in gebruik moet stel of `n skikking bereik met die verskaffer van die stelsel. Sou die Polisie na die ou stelsel wat in gebruik was teruggaan sal hulle ook daarvoor die lisensiefooi moet betaal.

SA Jagters sal hierdie situasie monitor en u in kennis stel sou dit noodsaaklik raak om enige stappe te neem.

Die skakel na die berig in vandag se koerant is die volgende: https://citizen.co.za/news/south-africa/courts/2074985/court-forces-end-to-potential-gun-control-chaos-at-saps/

Vriendelike groete


Fred Camphor
Hoof Uitvoerende Beampte, SA Jagters

Written by:  - 19 Feb, 2019